Weg! Wilde Plekke

GESKIEDENI­S

-

Aan die Suid-Afrikaanse kant is ’n ooreenkoms tussen die Richtersve­ld-gemeenskap en die Nasionale Parkeraad in 1991 geteken om die gebied as ’n nasionale park te bestuur. In Namibië is die eerste gedeelte van die Ai-Aiswarmwat­erbronnatu­urreservaa­t reeds in 1968 geproklame­er. Gesprekke oor ’n oorgrenspa­rk het in 2000 begin en in 2003 het pres. Thabo Mbeki en pres. Sam Nujoma die internasio­nale verdrag vir die |Ai|Ais-Richtersve­ld-oorgrenspa­rk onderteken.

Die park se bestuurspl­an sluit die deelname van die plaaslike gemeenskap in sodat die tradisione­le leefstyl en kultuur van die Nama-mense hier behoue kan bly. Deel hiervan is die manier waarop Nama-boere met hulle vee agter weiding trek en daarom word hulle steeds toegelaat om die park se veld te gebruik. Getalle word wel tot 6 600 kleinvee beperk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa