Weg! Wilde Plekke

Die groter Richtersve­ld

-

As jy van die afgesonder­dheid van die Richtersve­ld se parkgedeel­te gehou het, het ek ’n wonderlike verrassing vir jou. Daar is selfs wilder en meer versteekte hoekies – maar daarvoor moet jy buite die parkgrense gaan soek.

Dinge gaan nou rof raak. Die spore is plek-plek dof. Die klowe gaan jou vir lang tye insluk en jy gaan dalk wonder of jy weer gaan uitkom. Moenie bang wees nie – dis hemels!

Die bekendste roete is die Namakwa4x4-ekoroete wat in die ooste van die streek naby Pofadder begin (Pofadder is eintlik Boesmanlan­d, maar jy ry net so ent weg, dan’s jy in landskap wat tipies Richtersve­ld-bergwoesty­n is), rofweg die Oranjerivi­er volg en dan verder wes teen die erfenisgeb­ied verbykom. Dele van dié 600 km veldryroet­e loop deur diep sand en oor lelike klippe en jy gaan beslis ’n 4x4 nodig hê.

Kampplekke langs die roete is bloot oop kolle in die veld of langs die rivier.

Hier is geen water of ablusies nie; jy moet heeltemal vir jouself kan sorg en genoeg water, hout en kos saamry.

Suid van die park, rofweg tussen

Kuboes, Eksteenfon­tein en die Oranjerivi­er is die Richtersve­ld-wêrelderfe­nisgebied. Die ongeloofli­ke verskeiden­heid van unieke plante maak hierdie deel van ons land ekstra spesiaal. Hier kom sowat 2 700 spesies voor waarvan amper 600 nêrens anders te vinde is nie.

Kampplekke in die erfenisgeb­ied is ook sonder geriewe: Bring álles saam.

Die mense is net so uniek en eie aan die streek soos die woestynblo­mme. Baie van hulle boer met skape en bokke. Aangesien die deel oor die grense van somer- en winterreën strek, trek die vee-oppassers gereeld agter beter weiding aan en is hier amper geen heinings nie. Dit beteken ’n groot stuk aarde lê fantasties woes en oop. Maar die berge keer jou gou voor en hulle vat nie nonsens nie. Jy gaan baie paadjies sien wat teen hoogtes uitkronkel of in geheimsinn­ige vlaktes wegraak.

Min van hulle is op kaarte gemerk, maar met Tracks4Afr­ica op jou GPS gaan jy

regkom in die wêrelderfe­nisgebied, en die inligtings­kantore op Eksteenfon­tein (Ons kon dié kantoor nie per telefoon bereik nie.

Dit het dalk gesluit, maar gaan kyk in elk geval. – Red.) en Kuboes sal ook help as jy daar aandoen.

Hier is darem ’n paar paaie wat jy met jou 4x2-bakkie kan ry (jy het goeie grondvryho­ogte nodig). Die grondpaaie wat Lekkersing, Eksteenfon­tein, Sanddrift en Kuboes met mekaar verbind, is almal goeie grondpaaie (sinkplaat hier, los klip daar) wat jou die geleenthei­d gee om by al hierdie interessan­te dorpies aan te gaan.

Oorweeg ’n sirkelroet­e van Port Nolloth of Springbok wat jou in twee, drie dae verby Lekkersing, Eksteenfon­tein, Kuboes en Sanddrift neem en dan langs Alexanderb­aai weer terugneem na jou beginpunt. Vat jou bergfiets saam, want dit is wonderlik om party van hierdie roetes te trap.

’n Veldpaadji­e, waarvan die eerste helfte heel maklik is om te ry, mik noord uit Eksteenfon­tein in die rigting van die Rosyntjieb­erg. Hier is kampplekke in die veld wat jou wonderlike Richtersve­ldervaring­s bied. Onthou, hier is geen geriewe nie en jy moet vooraf by die Eksteenfon­tein-inligtings­kantoor betaal. Daar sal jy ook ’n kaart en meer inligting oor die omgewing kry.

Tussen Eksteenfon­tein en Kuboes is die Tierhoek-kampplek teen massiewe rotse en met ’n wye uitsig oor die vlaktes. Jy moet weer eens alles wat jy mag nodig kry saamneem, maar jy is gewaarborg van ’n spesiale sonsonderg­ang en aand onder die sterre.

Net buite Kuboes kan jy by Glybank kamp. Dis ’n lekker weggesteek­te kolletjie teen die Ploegberg. Hier is net ’n puttoilet en jy betaal by die Kuboes-inligtings­kantoor. Gaan kyk ook na die mooi spierwit kerk op Kuboes.

Op pad na Alexanderb­aai is daar ’n laaste kampplek. By Brandkaros het jy elektrisit­eit en ablusies én die Oranjerivi­er. Hier is ook selfsorgch­alets as die gekamp vir eers genoeg was. Van Alexanderb­aai is jy terug op teerpaaie, maar die Richtersve­ld se stof sal in jou binnekant bly en jou laat wonder waarheen al die ander paadjies loop wat jy gesien het.

 ?? ?? Johan Pieters en sy hond, Piedie, net noord van Eksteenfon­tein.
Johan Pieters en sy hond, Piedie, net noord van Eksteenfon­tein.
 ?? ?? ’n Veepos tussen Lekkersing en Eksteenfon­tein.
’n Veepos tussen Lekkersing en Eksteenfon­tein.
 ?? ?? ’n Veldkamp langs die Namakwa-4x4-ekoroete.
’n Veldkamp langs die Namakwa-4x4-ekoroete.
 ?? ?? Die Fluorspar-vallei noord van Eksteenfon­tein.
Die Fluorspar-vallei noord van Eksteenfon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa