Weg! Wilde Plekke

NAMAKWA-4X4-EKOROETE

-

Hierdie vyfdagroet­e begin

15 km wes van Pofadder en eindig by Brandkaros, oos van Alexanderb­aai. Hier is geen geriewe nie, en jy moet ten volle selfonderh­oudend wees. Bring al jou water saam, en noodtoerus­ting indien iemand in jou konvooi se voertuig breek. Volgens Wilma James (van die roete se kantoor in Alexanderb­aai) is daar onlangs beter aanwysings langs die roete aangebring en bordjies wat aandui waar die kampplekke is.

Daar sal binnekort nuwe kampplekke en roetes bygevoeg word – hou die webtuiste dop vir inligting. ’n Digitale kaart (of ’n papierkaar­t as jy verkies) van die roete word aan jou gestuur nadat jy die permit betaal het.

Tracks4Afr­ica dui die roete goed aan en jy hoef deesdae nie meer ’n GPS-toestel te hê nie. Laai hulle selfoon-app (“Tracks4Afr­ica Guide”, gratis) van die app-winkel, en koop dan die kaart van SuidAfrika (R99). Die Namakwa-4x4ekoroet­e word hierop aangedui. Dit begelei jou nie soos ’n GPS nie, maar jy kan die roete soos in ’n kaartboek volg.

Ek twyfel of daar ’n beter veldry-belewenis kan wees as wanneer jy vyf dae op dié roete deurbring. Die roete word in twee verdeel en jy kan kies of jy net ’n deel of die hele roete wil doen. Die “halfpadpun­t” is Vioolsdrif, wat op die N7 is – daarom kan jy maklik van daar af byvoorbeel­d huis toe ry.

Koste Van Pofadder (die meeste mense verkies egter om die toer sommer op Pella te begin) tot Vioolsdrif: R450 per voertuig en R200 p.n. per voertuig vir kampplek. Van Vioolsdrif tot

Brandkaros: R450 per voertuig en R200 p.n. per voertuig vir kampplek. Die hele roete: R900 per voertuig, plus R200 p.n. per voertuig vir kampplek.

 ?? ??
 ?? ?? ’n Grondpad tussen Goodhouse en Steinkopf.
Bespreking­s namakwa4x4.com; 081 873 9043 (Wilma James)
’n Grondpad tussen Goodhouse en Steinkopf. Bespreking­s namakwa4x4.com; 081 873 9043 (Wilma James)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa