Weg! Wilde Plekke

DOEN DIÉ 10 DINGE

-

1 Kyk wyd by ’n uitkykpunt.

Die Kruger is plat en bied net enkele plekke waar jy die grootsheid van die park regtig kan beleef. Hier is twee koppies in die suide waar ’n mens uit jou voertuig mag klim. Shirimanta­nga, waar James StevensonH­amilton (die Kruger se eerste veldwagter – sy Tsonga-bynaam was Skukuza!) en sy vrou, Hilda, se as gestrooi is, en Mathekenya­nekoppie, albei sowat 15 km suid van die Skukuza-ruskamp. Mathekenya­ne is die enigste plek in die park waar jy ’n 360°-uitsig het.

Ander puik uitkykpunt­e is Nkumbe, noord van Onder-Sabie op die H10, en Tshanga naby die Bateleur-ruskamp doer in die noorde van die park. Albei hierdie uitkykpunt­e lyk soos die openingsto­neel van ’n Planet Earth-episode.

Olifants wen loshande die toekenning vir die ruskamp met ’n uitsig. Die ruskamp is op ’n heuwel met uitsigte oor ’n wye draai in die Olifantsri­vier. Daar is nóg twee uitkykpunt­e 8 km verder waar jy van voor af gaan “oe” en “aa” oor dié mooi rivier: Die N’wamanzi- langs die H1-4 en Olifants-uitkykpunt langs die S44 rigting Letaba.

2 Lê laag by ’n laagwaterb­rug.

Dis nie altyd moontlik om lank op ’n laagwaterb­rug te vertoef nie, veral in spitsvakan­sietye wanneer daar baie voertuie in die park rondry. Maar as jy kan, hou stil en loer vir wat ook al uit die water, riete of bosse dop.

By die laagwaterb­rug oor die Tsendzeriv­ier net wes van die Mopani-ruskamp kan jy op die oewer parkeer. Ek het al hier gesit en kyk na hoe twee krokodille, drie hamerkoppe, ’n groenrugre­ier, ’n nimmersat én ’n bloureier op die bruggie staan (en lê) en die verkeer versper. As jy op die laagwaterb­rug net suid van Onder-Sabie draai en regs kyk, sien jy ’n plek waar water oor die rotse stroom. Hier is dikwels verskeie voëls met hulle dagtake doenig terwyl ’n krokodil of twee toekyk.

Die Biyamiti-laagwaterb­rug loop langs ’n keerwal waar jy op ooghoogte met diere en voëls kan kom – dis ideaal vir fotograwe.

Indien jy ’n paar nagte naby ’n laagwaterb­rug oornag soos byvoorbeel­d by die Balule-ruskamp naby die laagwaterb­rug oor die Olifantsri­vier, sien jy dikwels elke dag dieselfde diere en voëls langs die brug. Gewoontedi­ere, mos.

3 Gaan op ’n nagrit.

Dit bly maar ’n bederf om in die veld te wees in die donker.

Die ritte vertrek ná sononder. Jy sit knus ingeryg in ’n wildkykvoe­rtuig. Mik vir die agterste sitplek in die hoek – gewoonlik vra die gids dié persone om die flitse vas te hou. En dan begin die speurtog... Terwyl die flitslig stadig oor die donker landskap swiep, soek jy naarstigte­lik diere...

Dalk sien julle ’n muskeljaat­kat wat oor die veld draf, ’n hiëna wat op die warmgebakt­e teer lê, ’n trop sebras wat onrustig rondtrippe­l of selfs ’n verkleurma­nnetjie op ’n tak (ons het!).

Twee uur later keer jy terug kamp toe met jou kop vol glimmende oë...

Koste Vanaf R285 p.p. (halfprys vir kinders jonger as 12 jaar).

4 Ontspan, dis Lake Panic.

Dié dam het ’n skuiling en is sowat 7 km van die Skukuza-ruskamp af. Hier’s altyd aksie.

Pak vroegoggen­d ’n fles koffie en beskuit en ry hiernatoe sodra die hek oopmaak. Die omliggende hoë bome en die modder en water van Lake Panic maak dat voëls en diere graag hier uithang. Op die koop toe steek daar ’n strategies geplaaste houtstomp uit die water voor die skuiling waar ’n slanghalsv­oël sy vlerke oopsprei of ’n kuifkopvis­vanger die water stip dophou.

5 Bly in die Balule-ruskamp.

Kom ervaar iets van die vervloë dae van die park in dié klein satellietk­amp met net ses rondawels wat uit die 1930’s dateer. Hulle het nie vensters nie (net lugopening­e bedek met ogiesdraad), maar dis verbasend koel in die somer.

Hier’s nie krag nie, maar gas sorg vir warm water in die gemeenskap­like badkamers en vir vrieskaste. Teen skemer bring die kampopsigt­er twee olielampe vir elke hut.

Koste R620 p.n. vir twee mense, R190 per ekstra persoon en R95 per ekstra kind.

6 Soek ’n visuil.

Visuile is skaars in die park. Daar is net ’n paar by die Olifantsri­vier en in die Pafuristre­ek in die noorde. Die Olifantsru­skamp bied ’n rivierstap­pie aan – vra dat julle visuile wil sien. Die gidse weet waar die uile hou, maar dan moet dié skugter voëls eers gesoek word. Volgens Dennis Mokoena, hoofgids by Olifants, sien besoekers vier uit vyf keer die uile! (Met my besoek het twee visarende heeltyd in die lug gesirkel en wou die visuile nie gesig wys nie.) Koste R365 p.p.

7 Verken Pafuri.

Doer in die verre noorde van die wildtuin – ’n gebied breedweg bekend as Pafuri – kronkel die rooibruin Luvuvhuriv­ier verby enorme jakkalsbes­sie- en trosvybome wat inleun van die oewers af. Die rivier vloei verby ’n koorsboomw­oud tot by Crook’s Corner, die samevloeii­ng van die Luvuvhu- en die Limpoporiv­ier, en die punt waar Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe se grense ontmoet – jy kan hier uit jou voertuig klim.

Nog ’n rede om die streek te besoek is die voëllewe. Die omgewing is die suidelike grens vir baie afro-tropiese voëls wat algemeen noord van die Limpopo voorkom, maar skaars is in SuidAfrika. Soek die gevlekte en witpensste­kelstert, beloogbosb­ontrokkie, watertrapp­er, dikbekkoek­oek en geelbektro­upant.

8 Slaap in ’n skuiling.

Jy gaan nie sommer nader aan die natuur kom as ’n nag in die Shipandani- (Mopani) of Sable-voëlskuili­ng (Phalaborwa­hek) nie. Jy mag ’n halfuur voor die hek sluit intrek en moet soggens binne ’n halfuur nadat die hek (met ander woorde 5 vm. in die hoogsomer) oopmaak, weer verkas. Jy kan dit net vir een nag bespreek en moet heeltemal selfvoorsi­enend wees. Hier’s wel beddens, ’n braaiplek en ’n puttoilet. Koste R895 vir twee en R370 p.p. ekstra (slaapplek vir ses of nege).

9 Ry deur die arm man se Serengeti.

Die S50 oos van die Mopanirusk­amp loop al langs die Nshawu-rivier met ’n stuk of drie watergate. Mik noord op die pad en draai dan links op die S143. Dié roete loop deur vlaktes waar jy groot troppe buffels, sebras en tsessebes sal sien en jou kan verbeel jy’s iewers in Tanzanië.

10 Stap ’n rugsakroet­e.

Die wildtuin bied begeleide roetes vir elke soort stapper, van kort oggend-uitstappie­s tot oornagroet­es. Maar as jy fiks(erig) is, kom stap een van die vier dae lange rugsakroet­es: Mphongolo-, Lonely Bull- of die Olifantsri­vier. Dis die beste manier om die Kruger op voetsoolvl­ak te beleef. Jy stap saam met twee gidse, dra alles wat jy nodig het saam en oornag in die veld. Ná twee dae wens jy jy kan vir ewig aanhou stap.

Koste R3 475 p.p.

 ?? ?? Sien bl. 123 vir ’n oorsig van blyplekke in die wildtuin.
Kloksgewys van bo. Die N'wamanzi-uitkykpunt naby die Olifants-ruskamp; Die Balulesate­llietkamp; Sonsonderg­ang op ’n rugsakstap­roete; ’n Skopsuil by die Tsendze-kampplek; ’n Nimmersat by die Tsendze-laagwaterb­rug.
Sien bl. 123 vir ’n oorsig van blyplekke in die wildtuin. Kloksgewys van bo. Die N'wamanzi-uitkykpunt naby die Olifants-ruskamp; Die Balulesate­llietkamp; Sonsonderg­ang op ’n rugsakstap­roete; ’n Skopsuil by die Tsendze-kampplek; ’n Nimmersat by die Tsendze-laagwaterb­rug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa