Weg! Wilde Plekke

Mandy Mitchell

-

Die Nhlamvini-vallei lê oos van Ixopo in die KWAZULU-NATALSE bosveld. Dis rofweg in die driehoek tussen die R56, R612 en die Umkomaasri­vier. Dit is ’n bewarea wat oor verskeie wildplase strek en sodoende die ryk biodiversi­teit van die omgewing help bewaar.

Ons boer hier en omdat ek ’n ywerige fotograaf is, verken ek gereeld die grondpaaie van die vallei. Dis openbare paaie, en enigiemand kan dit kom ry. Probeer die D299, D738 en die Inhlamvini-pad. Jy sal wild (agter die draad) sien soos jy ry.

Dis ’n wonderlike plek om vir ’n naweek se natuurtyd heen te ontsnap. Hier is ’n paar selfsorglo­dges in die omgewing – ek kan Oribi Bush Camp aanbeveel by die Nhlamvini-privaatwil­dreservaat. Jy kan diere sien soos seekoei, koedoe, oribi en kameelperd. Hulle bied wildritte aan, maar jy kan ook vooraf bespreek indien jy met jou eie kar wil rondry.

As jy in die winter kom, sal jy die streek se manjifieke aalwyne sien blom!

 ?? • Nhlamvini-privaatwil­dreservaat watervales­afaris.com ?? Koedoes langs die D299- openbare pad, Nhlamviniv­allei, KwaZulu-Natal
• Nhlamvini-privaatwil­dreservaat watervales­afaris.com Koedoes langs die D299- openbare pad, Nhlamviniv­allei, KwaZulu-Natal
 ?? ?? Ixopo, KwaZulu-Natal
IG: @mandymitch­ell1156
Ixopo, KwaZulu-Natal IG: @mandymitch­ell1156

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa