Weg! Wilde Plekke

Brandon en Marcelle Danks

-

Ons hou daarvan om die Weenen-wildreserv­aat te besoek. Dis in die KZN-Middelland en sowat 5 000 ha groot. Dagbesoeke­rs betaal R50 per volwassene en R25 per kind. Die kampterrei­n het geriewe vir woonwaens, boswaens en gewone tente. Die 4x4-roete in die reservaat is niks ernstig nie – ’n hoogtepunt is die smal staalbrugg­ie waaroor jy met jou bakkie kan ry.

Dit is dalk klein, maar na ons mening bied die Cumberland-natuurrese­rvaat ’n wildernise­rvaring wat kers vashou by enige van KZN se groter reservate. Dit is net oos van Pietermari­tzburg en bied die beste uitsigte oor die uMngeniriv­ier. Hulle laat nie dagbesoeke­rs toe nie en jy moet dus oorslaap, maar die kampplekke is besonders – ons gunsteling is die uZavolo-kampplek (geen krag, donkie vir warm water). Dis ’n stapreserv­aat en jy mag nie met jou voertuig rondry (behalwe na jou blyplek) nie; dus is dit vreedsaam en goed vir die siel.

Ons is 4x4-mense en hou van kampplekke wat jou laat voel asof jy in die bos is, en dis hierdie kombinasie wat ons aanvanklik na die Eston 4x4 Valley Adventures gelok het. Dis ’n nuwerige plek in die Eston-Gwahumbe-omgewing sowat ’n uur se ry suidwes van Durban. Hier is wild, maar hulle is sku en moeilik om te sien – met geluk gewaar jy koedoe, bosbok, seekoei en vlakvark. Die 4x4-roetes word goed onderhou en jy kan dit in jou standaard-4x4 kom ry, of in jou opgezoepte een.

Nog ’n plek met goeie 4x4-roetes is die Tala-privaatwil­dreservaat naby Camperdown, sowat 45 minute van Durban. Hier is baie wild en voëls om te sien. Ons hou daarvan om die hitte van die dag uit te kolf by die piekniekpl­ek langs Hippo Pools.

 ?? ?? Eston 4x4 Valley Adventures, KwaZulu-Natal
Eston 4x4 Valley Adventures, KwaZulu-Natal
 ?? Pinetown, KwaZulu-Natal IG: @lets_get_lost_za @wandering_soul_za ?? • Weenen-wildreserv­aat
kznwildlif­e.com • Cumberland-natuurrese­rvaat
cumberland­reserve.co.za
• Eston 4x4 Valley Adventures
info@eston4x4.co.za • Tala-privaatwil­dreservaat tala.co.za
Pinetown, KwaZulu-Natal IG: @lets_get_lost_za @wandering_soul_za • Weenen-wildreserv­aat kznwildlif­e.com • Cumberland-natuurrese­rvaat cumberland­reserve.co.za • Eston 4x4 Valley Adventures info@eston4x4.co.za • Tala-privaatwil­dreservaat tala.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa