Weg! Wilde Plekke

Xolani Tembu en Rea Ntshabele

-

Ons hou van stap, en die Queen Rose-staproete in die Nelshoogte-natuurrese­rvaat (naby Barberton, Mpumalanga) het van die beste geriewe wat ons nog ooit vir voetslaner­s teëgekom het. Hoewel dit ’n provinsial­e reservaat is, word die roete en Queen’s River Adventure Camp privaat bedryf. Die meeste van die tyd is dit skoolkinde­rs wat hierheen kom vir karakterbo­u-naweke, maar stappers gebruik dit ook. Hier is dagstappe én ’n meerdagsta­p.

Ons het die swemgate in die rivier geniet en lang ure verwyl by die verskeie watervalle langs die Queen Rose-staproete. Die roete is goed gemerk, en nêrens sien jy rommel rondlê nie. Jy sien gewoonlik net kleiner boksoorte in die reservaat, maar op dag een van die roete het Rea wraggies ’n luiperd gesien!

Die Midmar-natuurrese­rvaat is naby Howick in KZN. Ons het vir vier dae hier gekamp en dit was duidelik dat die personeel moeite doen om jou verblyf ’n plesier te maak. Ons het eers ná donker aangekom, maar het geen gesukkel by die hek gehad nie. Die badkamers is elke dag skoongemaa­k en ons het altyd warm water gehad. Omdat jy op die dam uitkyk, voel jy die rustigheid daarvan aan. Soggens se sonsopkoms oor die water was stroop vir die siel.

Die Oribi-ravyn is sowat 35 km van Port Shepstone, maar jy sien dit eers werklik die eerste keer wanneer jy by die Mac Valley-padstal aftrek. Ons was vinnig hier aan vir tuisgebak en warm drankies. Ons was net in Oribi Gorge-natuurrese­rvaat vir die dag, en het dus nie oorgebly by die pragtige kampplek langs die rivier nie. Volgende keer!

Ons het ’n adrenalien­dag beplan, en het Wild 5 Adventures se Wild Swing beproef, wat basies beteken dat jy van langs die bopunt van die Lehr-waterval afspring en oor die ravyn uitswaai! Pure plesier!

 ?? ?? Rea Ntshabele op die Wild Swing by die
Oribi Gorge-natuurrese­rvaat, KwaZulu-Natal.
Rea Ntshabele op die Wild Swing by die Oribi Gorge-natuurrese­rvaat, KwaZulu-Natal.
 ?? Pretoria, Gauteng IG: @exenahr; IG: @misfit_rea ?? • Nelshoogte-natuurrese­rvaat
mpumalanga.com
• Queen Rose-staproete;
queensrive­r.co.za • Midmar-natuurrese­rvaat en Oribi Gorge-natuurrese­rvaat kznwildlif­e.com • Wild5Adven­tures;
wild5adven­tures.co.za
Pretoria, Gauteng IG: @exenahr; IG: @misfit_rea • Nelshoogte-natuurrese­rvaat mpumalanga.com • Queen Rose-staproete; queensrive­r.co.za • Midmar-natuurrese­rvaat en Oribi Gorge-natuurrese­rvaat kznwildlif­e.com • Wild5Adven­tures; wild5adven­tures.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa