Weg! Wilde Plekke

Lauren Currie

-

Ek is passievol oor waar ek woon. Rondom Gqeberha het ons soveel puik plekke waar jy die natuur kan geniet. In die hartjie van die stad is die Baakens Valley -en Settlers Park-natuurrese­rvaat (gratis toegang) ’n lushof met lappies woud, watervalle­tjies en die rivier. Jy kan stap, draf of fietsry. Net buite die stad, na Seaview se kant toe, is die Island-natuurrese­rvaat wat veral gewild is onder voëlkykers. Toegang kos rofweg tussen R55 en R85 per persoon per dag, afhangend of jy die piekniekpl­ek wil gebruik, of net wil kom stap.

Ons gesin geniet dit om 3 Rivers Trails se geriewe te gebruik. Dis by Crossways Farm Village, 30 km wes van Gqeberha. Hier is netjiese voetpaaie en fietsryroe­tes wat tussen die proteas deur kronkel. Dagpermit: R50 per volwassene, R25 per kind jonger as 12. As jy ’n lekker ent gestap het, kan jy afkoel in die Vanstadens­dam voordat jy terugstap oor die ou treinbrug terug na Crossways. Die Van Stadens-veldblomre­servaat (gratis) is reg langsaan.

Die Groendal-natuurrese­rvaat is naby Uitenhage en jy kan hier bergop stap tot by ’n groot swempoel en waterval. Toegang: R66 per volwassene, R34 vir kinders jonger as 12.

Vir ’n langer wegbreek– en régte boendoes – hou ons daarvan om die Baviaanskl­oof-wildernis in te vaar. Ons bly gewoonlik by Uitspan, wat aan die “ander kant” van die kloof is; dus vat dit ’n dag se 4x4-ry om daar uit te kom. Daar is ’n selfsorgbl­yplek en ’n lekker kampplek met baie gras en skaduwee. Jy kan in die dam swem waar avontuurlu­stiges die foefieslaa­id kan aanvat. Stap gerus die Arch Rock-roete – dis ’n steil paadjie wat by ’n besonderse boogrots eindig. As jy dapper genoeg is, gaan staan bó-op vir ’n foto!

 ?? Gqeberha, Oos-Kaap IG: @lolli_lauren_101 ?? Lauren Currie op die Rotsboog, Uitspan, Baviaanskl­oof • Baakens Valley- en Settlers Parknatuur­reservaat 0415858884 • Island-natuurrese­rvaat 071 609 1383 • 3 Rivers Trails 3riverstra­ils.co.za
• Van Stadens-veldblomre­servaat
vanstadens.co.za • Groendal-natuurrese­rvaat
0870862499; visiteaste­rncape.co.za • Baviaanskl­oof-wildernis
baviaans.co.za
• Uitspan baviaansui­tspan.co.za
Gqeberha, Oos-Kaap IG: @lolli_lauren_101 Lauren Currie op die Rotsboog, Uitspan, Baviaanskl­oof • Baakens Valley- en Settlers Parknatuur­reservaat 0415858884 • Island-natuurrese­rvaat 071 609 1383 • 3 Rivers Trails 3riverstra­ils.co.za • Van Stadens-veldblomre­servaat vanstadens.co.za • Groendal-natuurrese­rvaat 0870862499; visiteaste­rncape.co.za • Baviaanskl­oof-wildernis baviaans.co.za • Uitspan baviaansui­tspan.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa