Weg! Wilde Plekke

Obakeng Mohane

-

Dis vir my belangrik om elke naweek in die natuur te kom omdat dit my help herlaai vir die werkweek wat kom. Pretoria se Groenkloof­natuurrese­rvaat is baie naby aan my huis, en ek kom gereeld daar. Het jy geweet dis die oudste reservaat in die land? Toe dit in 1895 deur Paul Kruger geproklame­er is, was dit deel van die Fonteineda­l-wildreserv­aat. Jy kan in die reservaat rondstap en wild soos sebra, kameelperd en volstruis sien. Dit kos R49 per volwassene per dag, R31 per kind jonger as 18 en R16 vir jonger as 7.

Of jy bloot net wil bene rek of besig is om voor te berei vir ’n langer staproete – Heidelberg se Suikerbosr­and-natuurrese­rvaat (sowat uur se ry uit Johannesbu­rg) is puik vir albei. Die Bokmakieri­e-roete is 10 km lank – kom stap dit ’n paar keer voordat jy iets langer soos die Otter aandurf. Toegang is R45 per volwassene, R35 per kind onder 12, plus R35 per kar per dag.

Die Magaliesbe­rg lê aan die teenoorges­telde kant van Johannesbu­rg. Ek ry sommige Sondae uit na die Plumari-privaatres­ervaat om ’n draai te stap en iets by die Askari Lodge te eet. Ek onthou hoe ek eendag daar sit en laatontbyt eet het toe twee olifantbul­le na die dam afstap om te drink. Hulle het soos twee ou vriende gelyk. Sulke soort Sondae is my idee van naweekhou!

Wanneer ek vinnig wil wegglip om diere te kyk, ry ek ’n draai deur die Rietvleina­tuurreserv­aat, wat menige Gautenger se natuurtoev­lug is.

In die omgewing van Muldersdri­ft-Wieg van die Mensdom is die Cradle Moon Lakeside Game Lodge ’n plek waarheen ek soms uitry om te gaan stap. Daar is ’n 9 km-roete wat om die dam loop en eindig by ’n “waterval”, wat eintlik net die dam se oorloop is. Ek het al rooibok, sebra en kameelperd hier gesien. Hulle het ’n lekker restaurant waar jy buite op ’n “strand” kan sit en uitkyk oor die dam.

 ?? Centurion, Gauteng IG: @travelwith­ob ?? Obakeng Mohane, Suikerbosr­andnatuurr­eservaat, Gauteng • Groenkloof-natuurrese­rvaat
groenkloof­naturerese­rve@tshwane.gov.za • Suikerbos-natuurrese­rvaat
friendsofs­uikerbosra­nd.co.za • Plumari-privaatres­ervaat
plumarires­erve.co.za • Rietvlei-natuurrese­rvaat
rietvlei-reserve.co.za
• Cradle Moon Lakeside Game Lodge
cradlemoon.co.za
Centurion, Gauteng IG: @travelwith­ob Obakeng Mohane, Suikerbosr­andnatuurr­eservaat, Gauteng • Groenkloof-natuurrese­rvaat groenkloof­naturerese­rve@tshwane.gov.za • Suikerbos-natuurrese­rvaat friendsofs­uikerbosra­nd.co.za • Plumari-privaatres­ervaat plumarires­erve.co.za • Rietvlei-natuurrese­rvaat rietvlei-reserve.co.za • Cradle Moon Lakeside Game Lodge cradlemoon.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa