Weg! Wilde Plekke

Keaghan Lane

-

Myns insiens gee kleiner reservate ’n beter natuurerva­ring as grotes, want jy het ’n kleiner gebied om ál jou aandag op te fokus – dus sien jy meer van die klein dingetjies raak, en als van insekte tot voëls word ewe belangrik.

Die Ezemvelo-natuurrese­rvaat is naby Bronkhorst­spruit, op die grens van Gauteng en Mpumalanga. Die landskap wissel van grasvelde tot rotsagtige dele met heelwat waterstroo­mpies en damme – ek het eenslag ’n slang afgeneem wat ’n padda vang by een van laasgenoem­de. Daar is bekostigba­re blyplek en ’n kampplek waar rooibokke verby jou tent stap. Die toegangspa­d is erg sinkplaat en ook binne die reservaat is van die paaie sleg – kom eerder in ’n bakkie of iets met goeie grondvryho­ogte. Dagbesoeke­rs betaal R75 elk, R55 vir kinders 4-16 jaar oud.

Verbeel jou jy’s in die middel van ’n metropool soos Pretoria, maar jy kan ’n magdom voëltjies op die water en in die riete sien baljaar – dís wat die Austin Roberts Bird Sanctuary jou bied. Dit is gratis om in die voëlskuili­ng te gaan sit, maar jy betaal ekstra indien jy ’n gids wil huur om jou op die terrein rond te neem.

Die Blesbokspr­uit naby Nigel is ’n beskermde Ramsar-gebied wat die Marievale Bird Sanctuary (R30 p.p., R30 per kar) insluit. In ’n groter reservaat, waar jy nie uit jou kar mag klim om foto’s te neem nie (omdat daar dikwels gevaarlike diere is), kan jy nie plat op jou maag gaan lê om voëls wat op die grond sit of in die water staan af te neem nie. Maar by Marievale kán jy plat gaan lê, en daarom kan jy voëls op ooghoogte afneem, wat ’n groot verskil aan jou foto’s maak. Met die rondstap sal jy ook voëltjies begin oplet – soos die geelkwikki­e – wat jy in ’n voertuig maklik sou misgekyk het.

By Lambertsba­ai aan die Weskus is die Voëleiland-natuurrese­rvaat (R50 per volwassene, R30 per kind) ’n voëlkyker se paradys. Dit koer, woer en rumoer hier wanneer soms tot 100 000 malgasse hier gesien kan word! Hier is ook ’n kolonie robbe. Jy kan heeldag in die skuiling sit (uit die son en wind) en unieke foto’s neem soos die malgasse opstyg en land, of liefies raak langs die neste.

 ?? ?? Waterbok, Ezemvelo-natuurrese­rvaat, Gauteng
Waterbok, Ezemvelo-natuurrese­rvaat, Gauteng
 ?? Irene, Gauteng IG: @keaghan_lane_photograph­y ?? • Ezemvelo-natuurrese­rvaat
ezemvelo.co.za
• Austin Roberts Bird Sanctuary en ander Pretoria-reservate www.tshwane.gov. za/sites/tourism/NatureCons­ervation • Marievale Bird Sanctuary
nigel.co.za/marievale
• Ander Gauteng-reservate
gauteng.net/attraction­s • Voëleiland-natuurrese­rvaat
capenature.co.za
Irene, Gauteng IG: @keaghan_lane_photograph­y • Ezemvelo-natuurrese­rvaat ezemvelo.co.za • Austin Roberts Bird Sanctuary en ander Pretoria-reservate www.tshwane.gov. za/sites/tourism/NatureCons­ervation • Marievale Bird Sanctuary nigel.co.za/marievale • Ander Gauteng-reservate gauteng.net/attraction­s • Voëleiland-natuurrese­rvaat capenature.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa