Weg! Wilde Plekke

Nasreen Roberts

-

Die roetes binne die Banhoek-bewarea (by Kylemore tussen Stellenbos­ch en Franschhoe­k) word goed onderhou en my gunsteling-paadjie is bergop na die waterval. Begin reeds vroegdag stap, veral in die somer. Dagpermitt­e kos R60 per persoon en kan gekoop word by die bewarea se kantoor by Plaisir de Merle-wynlandgoe­d, langs die R45.

Die Fernkloof-natuurrese­rvaat is in die berg agter Hermanus. Dis maklik bereikbaar, veilig en kos net mooi niks. Jy stap tussen fynbos, sien voëls en kan in een van die damme bo swem.

Wanneer ek in die Sederberg wil kamp, maar nie tyd het om diep in die berge in te ry nie, mik ek reguit vir Beaverlac buite Portervill­e. Hier is klomp watervalle en ongeloofli­ke rotspoele vir swem. Plus, hier’s nie selfoonsei­n nie – perfek as jy wil prop uittrek om jou kop reg te kry.

Op soek na ’n avontuurli­ke roete? Die Miaspoort-roete (Limietberg-natuurrese­rvaat) begin aan die Paarl-kant van die Dutoitsklo­ofpas. Jy stap eers in ’n mooi klofie op en

(’n redelike ruk later...) bereik jy Hugenotepi­ek (1 318 m). Stap ’n ent verder tot by die sogenaamde Italian Cross, opgerig in 1945 om die Italiaanse krygsgevan­genes te gedenk wat gehelp het om die Dutoitsklo­ofpas te bou. Jy moet ’n permit by Cape Nature uitneem om die roete te stap.

Nog ’n goeie bergplek is Mont Rochelle-natuurrese­rvaat buite Franschhoe­k. Ons het eers opgeklim tot op Dutoitskop (1 407 m), en daarna Perdekop (1 575 m) aangedurf. Dis die hoogste piek in die reservaat en van bo af sien jy ’n gebied genaamd The Wall (dis eintlik die Wemmershoe­kpiek, en ander rondom dit) en die vallei doer onder. Die stilte en vreedsaamh­eid staan in skerp kontras met die geklingel en gewoel van Franschhoe­k ver onder jou.

 ?? Tamboerskl­oof, Wes-Kaap IG: @nasreenrob­erts ?? Nasreen Roberts, Limietberg-natuurrese­rvaat • Banhoek-bewarea
banhoekcon­servancy.org • Fernkloof-natuurrese­rvaat
fernkloof.org.za
• Beaverlac beaverlac.co.za • Limietberg-natuurrese­rvaat
capenature.co.za
• Mont Rochelle-natuurrese­rvaat
montrochel­lehiking.co.za
Tamboerskl­oof, Wes-Kaap IG: @nasreenrob­erts Nasreen Roberts, Limietberg-natuurrese­rvaat • Banhoek-bewarea banhoekcon­servancy.org • Fernkloof-natuurrese­rvaat fernkloof.org.za • Beaverlac beaverlac.co.za • Limietberg-natuurrese­rvaat capenature.co.za • Mont Rochelle-natuurrese­rvaat montrochel­lehiking.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa