Weg! Wilde Plekke

Wat is ’n Wild Card?

- Jy kan jou Wild Card by ’n park of reservaat koop, maar dis makliker om dit aanlyn te doenby sanparks.org/wild_new/

As jy gereeld van Suid-Afrika se gewildste parke en reservate besoek, sal ’n Wild Card jou heelwat geld bespaar. Wanneer jy by Sanparke se Wildlojali­teitsprogr­am aansluit, kry jy ’n jaar lank gratis toegang tot meer as 80 nasionale parke en reservate in Suid-Afrika en eSwatini.

Jy betaal dus nie die daaglikse bewaringst­arief wanneer jy jou kaart wys nie. Die kaart kan by die volgende vennote van die program gebruik word: Sanparke, Cape Nature, Ezemvelo KZN Wildlife (nie al die reservate nie), en Msinsi (oorde naby Durban en Pietermari­tzburg) – gaan na wildcard.co.za vir ’n volledige lys.

Jy kan ’n lidmaatska­p vir alle parke en reservate koop óf net vir sekere groepe. Verskillen­de pakkette is beskikbaar: Jy kan aansluit as ’n individu, ’n paartjie (enige twee mense) of ’n gesin (twee volwassene­s en tot vyf kinders jonger as 18). ’n Kaart vir al die parke kos R755 vir een mens; R1 245 vir ’n paartjie; en R1 520 vir ’n gesin (tariewe geldig tot 31 Oktober 2022).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa