Weg! Wilde Plekke

SOPHIA VAN TAAK

-

“Die Tafelberg- nasionale park is waarskynli­k die mees toeganklik­e reservaat in die land. Hier’s meer staproetes as dassies en die meeste daarvan is gratis. Stap vroegoggen­d of laatmiddag die Kloof Corner-roete en kyk hoe die son oor die stad opkom of in die see sak.

“Die roete begin in Tafelbergw­eg naby die Kloofnek-watersuiwe­ringsaanle­g en gee jou ’n puik uitsig sonder dat jy tot heel bo-op die Tafel hoef te piekel.

“Ná slegs twintig minute sit jy op ’n rotsblok op die hoek van die berg. Na regs lê die stadskom, en doer in die dynserighe­id die Swartland en Boland se berge. Reg voor jou staan Leeukop. En kyk jy links, strek die Atlantiese Oseaan tot in alle ewigheid uit.”

 ?? ?? KONTOERPAD
TAFELBERG- NASIONALE PARK
KONTOERPAD TAFELBERG- NASIONALE PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa