Weg! Wilde Plekke

ESMA MARNEWICK

-

“Ek het verskeie gunsteling-reservate wat deur Cape Nature bestuur word. In die Hottentots­Holland-natuurrese­rvaat ( 028 841 4301) kan jy op ’n maklike tweespoorp­ad (7 km) tot by die Landdrosko­phut stap. Die hut is omring deur hoë berge – dit voel diep in die wildernis al is jy naby die bedrywige Somerset-Wes en Strand.

“Die Marloth-natuurrese­rvaat ( 0870873039)lêsowat3km noord van Swellendam aan die voet van die Langeberg – in die reservaat kan jy diep in ’n koel donker inheemse woud stap of hoog in die berge verby koppe met mooi name soos Eenuurkop, Misty Point en Keurboomru­g. Gaan stap gerus die 2 km lange Duiwelsbos­roete – dit lei jou tot by ’n poel wat nes ’n koppie Milo lyk.

“Die Anysberg-natuurrese­rvaat ( 087 087 3036), sowat 85 km noordoos van Montagu, bied al die aktiwiteit­e wat ’n goeie reservaat betaam – stap- en traproetes, ook perdritte – en dit voel soos jou eie Karoo-plaas. Jy wil op jou stoep sit en kyk hoe die son oor die landskap beweeg. Hier’s ’n trop mak perde wat heeldag rondom die ontvangs en huisies wei. Sodra dinge warm raak, plons jy in die groot sementdam of vang son op die dek. Laatmiddag streep ’n ry gemsbokke oor die landskap. En as jy jou weer kom kry, is die dag verby.”

*Die kothuise by Anysberg is tydelik gesluit, maar jy kan steeds hier kom kamp.

 ?? ?? ANYSBERG
ANYSBERG
 ?? ?? MARLOTH
MARLOTH
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa