BERGKWAGGA- NASIONALE PARK
Hierdie park is gestig om die bergkwagga te beskerm en deesdae kan jy meer as 350 van dié sebras hier sien, asook leeus, jagluiperds en buffels.
DOEN DÍT Hier is ’n begeleide staproete teen Salpeterkop (1 514 m) op – dit neem sowat 90 minute. Hier kan jy ’n skaakbord sien wat op ’n plat klip uitgekrap is deur Britse soldate tydens die Anglo-Boere-oorlog. R444,40 p.p. Jy kan ook te voet na jagluiperds soek – R459,55 p.p. (geen kinders jonger as 12).
Bewaringstarief R60 p.p.; R30 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.
VERBLYF Hoofkamp: Kamp met krag vanaf R360 p.n. vir 2 mense; plus R100 p.p. ekstra; R50 per ekstra kind 2-11 jaar (maks. 6 mense per staanplek). Selfsorgkothuise (slaapplek vir 2-4 mense) vanaf R1 350 p.n. vir 2 mense; plus R290 p.p. ekstra; R145 per ekstra kind 2-11 jaar. Luukse Rock Chalets (slaapplek vir 4 mense) vanaf R3 725 p.n.
Die Bakana- en Umthombo-berghut is selfsorg en het slaapplek vir 10 mense elk. Vanaf R1 095 p.n. vir 2 mense; plus R290 p.p. ekstra en R145 per ekstra kind 2-11 jaar.
Doornhoek-gastehuis (slaapplek vir 6) vanaf R4 990 p.n.
Waar? Sowat 12 km noordwes van Cradock.
Kontak 048 801 5700