Weg! Wilde Plekke

KAMDEBOO- NASIONALE PARK

-

Die bekende rotsformas­ies van die Vallei van Verlatenhe­id, oop vlaktes, vars Karoolug... Lekker! Soek na steenbok, blesbok en swartwilde­bees op die vlaktes en watervoëls rondom Nqwebadam.

DOEN DÍT Stap die maklike Crag Lizard-roete (1,5 km) in die westelike deel van die park. Dit begin by die parkeerter­rein by die Vallei van Verlatenhe­id en neem jou na uitkykpunt­e van waar jy die kranse en hoë dolerietpi­lare kan bekyk.

Bewaringst­arief R50 p.p.; R25 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Lakeview-tentekamp: Gemeenskap­like geriewe. Vanaf R785 p.n. vir 2 mense.

Nqweba-kampterrei­n: Elke staanplek het ’n braai, kragpunt en gemeenskap­like geriewe. Vanaf R285 p.n. vir 2 mense; plus R100 p.p. ekstra; R50 per ekstra kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek).

Waar? Sowat 5 km noord van Graaff-Reinet.

Kontak 049 892 3453

Bespreek só by Sanparke

Bespreek verblyf by die Addo-olifant-, Bergkwagga- en Kamdeboona­sionale parke deur Sanparke se sentrale bespreking­skantoor:

012 428 9111; sanparks.org/bookings; sanparks.org

 ?? ?? VALLEI VAN VERLATENHE­ID, KAMDEBOO- NASIONALE PARK
VALLEI VAN VERLATENHE­ID, KAMDEBOO- NASIONALE PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa