Weg! Wilde Plekke

ONS KENNER

- SOPHIA VAN TAAK

“Hier’s net een pad in die Baviaanskl­oof – van Willowmore af deur tot op Patensie. Ry dit van die eerste kilometer af aandagtig: Betrag die roesrooi kranse; knik vir die bobbejane; proe ’n spekboombl­aartjie...

“Die oostelike punt van die kloof is ’n bewaringsg­ebied en die res is plase, waarvan die meeste gawe gasteverbl­yf bied. Gaan slaap vir ’n unieke ervaring in een van die Makkedaat-grotte

( 082 215 5175; makkedaat. co.za), of bespreek die spoggerige Studtis Huis op die plaas Kamerkloof

( 083 602 1253; kamerkloof.co.za) as julle ’n groep vriende is.

“Op elke plaas is ’n kloof of twee wat diep die Baviaansbe­rge inkeep, vol besemtrosv­ybome en varings. Hier’s dit altyd klam, altyd groen – verrassend in dié dorre Karoo. Gaan stap deur so veel klowe as wat jy kan.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa