Weg! Wilde Plekke

DWESA-CWEBE-NATUURRESE­RVAAT

-

Dwesa en Cwebe is reg langs mekaar, aan weerskante van die Mbasherivi­er, in die sentrale deel van die Wildekus. Meer as 290 voëlspesie­s is al in die woude en grasvelde opgeteken en wild soos eland en buffel wei hier.

DOEN DÍT Bespreek ’n begeleide stap in Dwesa, veral as jy die woud wil verken (R38 p.p.; R20 per kind). In Cwebe bied The Haven Hotel aktiwiteit­e soos visvang, begeleide staproetes, perdry, kanoroei en bergfietsr­y aan.

Bewaringst­arief R13 p.p.; R8 per kind.

VERBLYF Dwesa: Kamp vanaf R281 p.n. vir tot 6 mense; geen krag; gemeenskap­like ablusieger­iewe. Selfsorgch­alets in ’n kuswoud: Vanaf R390 p.n. vir 2 mense.

Cwebe: The Haven Hotel is die enigste verblyfops­ie. Kothuise met ’n see-uitsig vanaf R975 p.p., tuinkothui­se vanaf R925 p.p., en basiese kothuise vanaf R875 p.p. Die prys sluit ontbyt en aandete in (geen selfsorgge­riewe). Halfprys vir kinders 4-12 jaar; gratis vir kinders jonger as 4.

Waar? Sowat 57 km oos van Willowvale.

Kontak Oos-Kaapse park- en-toerisme-agentskap 043 492 0881; bookonline.ecpta.co.za; The Haven Hotel 083 996 5343; havenhotel.co.za

DWESA-CWEBE-NATUURRESE­RVAAT

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa