Weg! Wilde Plekke

NÓG WILDEKUSRE­SERVATE

-

Geniet die ruwe kuslyn en lang strande in hierdie reservate.

Silaka-natuurrese­rvaat, sowat 7 km suidwes van Port St. Johns. Hier’s

’n lekker strand by die Gxwaleniri­viermondin­g, staproetes, baie voëls en jy mag dalk selfs ’n wildebees of sebra sien. Chalets beskikbaar.

087 286 6526 Hluleka-natuurrese­rvaat, sowat 80 km suidwes van Port St. Johns. Stap die

1,5 km lange roete op die strand, swem in die warm Indiese Oseaan, en kyk voëls, dolfyne en walvisse met jou verkyker. Moderne chalets. 087 285 7784 Mkhambathi-natuurrese­rvaat, sowat 130 km noordoos van Port St. Johns. Gaan kyk na die Horseshoe- (dit het ’n lekker swempoel), Strandlope­r- en Mkhambathi-waterval, soek voëls of swem en vang vis in die strandmeer. Basiese verblyf. 087 285 7752

Die bewaringst­arief vir al drie hierdie reservate is R26 p.p.; R13 per kind. Bespreek jou verblyf deur die OosKaapse park-en-toerisme-agentskap

043 492 0881; bookonline.ecpta. co.za; visiteaste­rncape.co.za

 ?? ?? RASPERPUNT CIRCULAR TRAIL, AGULHAS NATIONAL PARK
HLULEKA-NATUURRESE­RVAAT
RASPERPUNT CIRCULAR TRAIL, AGULHAS NATIONAL PARK HLULEKA-NATUURRESE­RVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa