Weg! Wilde Plekke

ONS KENNER

- FRANÇOIS HAASBROEK

“Die reservate langs die Wildekus is almal piepklein, maar dis bykans die enigste plekke waar jy hierdie landskap in sy mees ongerepte vorm kan ervaar. Jy kan langs die strand of in die woud stap, in ’n rivier of die see swem, of net afsaal. Jy gaan nooit heeltemal vergeet dat jy naby die beskawing is nie – jy gaan steeds ’n bees of twee op die strand raakloop.

“Jy kan maklik jou hele vakansie net in die reservate deurbring. My gunsteling is Hluleka. Dis klein en hier kan nie baie mense gelyktydig bly nie. Die huisies is netjies en modern en bied goeie waarde vir geld. Jy kan op die stoepie ontspan en na walvisse en sebras kyk.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa