Weg! Wilde Plekke

ANDER PROVINSIAL­E RESERVATE

-

Groendal-natuurrese­rvaat, sowat 55 km noordwes van Gqeberha.

Dis deel van die Baviaanskl­oof-wêrelderfe­nisgebied met diep klowe, helder strome, rotspoele en rotskuns. Kampplekke en lodgeverbl­yf. Bewaringst­arief: R66 p.p.; R34 per kind. 087 086 2499 Tsolwana-natuurrese­rvaat, sowat 60 km suidwes van Komani (Queenstown). Jy sien wild soos koedoe, bontebok en bergkwagga teen die noordelike deel van die Winterberg. Begeleide wildritte en staproetes op wildpaadji­es en (rowwe) gruispaaie. Drie selfsorglo­dges. Bewaringst­arief: R26 p.p.; R13 per kind. 087 285 7400 Kommandodr­if-natuurrese­rvaat, sowat 45 km noordoos van

Cradock. Gewilde visvangple­k – maak lyn nat vir karp en baber in die Kommandodr­ifdam. Chalets, hutte en kampplek.

Bewaringst­arief: R13 p.p.; R8 per kind. 087 286 6404 Oviston-natuurrese­rvaat, sowat 18 km noord van Venterstad. Dis op die suidelike oewer van die Gariepdam en jy kan ontspan, visvang (haak ’n geelvis – ’n permit kos R12 p.p.) en met jou boot op die water vaar. Kampplekke, lodgekamer­s en ’n kliphuisie beskikbaar.

Bewaringst­arief: R12 p.p.; R8 per kind. 087 285 7390

 ?? Bespreek jou verblyf deur die Oos-Kaapse park-en-toerismeag­entskap 043 492 0881; bookonline.ecpta.co.za; visiteaste­rncape.co.za ?? KOMMANDODR­IF-NATUURRESE­RVAAT
Bespreek jou verblyf deur die Oos-Kaapse park-en-toerismeag­entskap 043 492 0881; bookonline.ecpta.co.za; visiteaste­rncape.co.za KOMMANDODR­IF-NATUURRESE­RVAAT
 ?? ?? TSOLWANA-NATUURRESE­RVAAT
TSOLWANA-NATUURRESE­RVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa