Weg! Wilde Plekke

NAMAKWA- NASIONALE PARK

-

Namakwalan­d is bekend vir sy jaarlikse blommeskou­spel in Augustus en September. Bring jou kamera, visstok, bergfiets, stapskoene, voëlgids en verkyker – die park het baie meer om te doen as net blomme kyk!

DOEN DÍT Die beste deel van die park om blomme te sien is by Skilpad. Stap die Skilpadroe­te (5 km) van die ontvangska­ntoor af of ry die 5 kmsirkelro­ete en trek af by die Dak van Namakwalan­d-uitkykpunt. Bewaringst­arief R50 p.p.; R25 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Die Skilpad-ruskamp het vier selfsorgch­alets. Vanaf R800 p.n. vir 2 volwassene­s, plus R290 p.p. ekstra en R145 per ekstra kind 2-11 jaar.

Die kuskampe (Delwerskam­p, Groenrivie­rmond, Kwass se Baai, Varswater, Bamboeskam­p, Skuinsklip, Koringkorr­elbaai, Skuinsbaai Noord en Boulderbaa­i) het geen water, krag, skadu of selfoonopv­angs nie.

Elke staanplek het ’n beskutte braaiplek en hier is gemeenskap­like puttoilett­e. R175 p.n. (maks. 6 mense per staanplek)

Twee tentkampe word tydelik in die blommeseis­oen by Skilpad en die Groenrivie­rmonding opgeslaan. Hulle is oop van 19 Augustus tot 18 September 2022. Elke luukse tent het slaapplek vir 2 mense en die kamp het ’n gemeenskap­like tent, warmwaters­torte en chemiese toilette. Ontbyt, namiddagte­e en ’n driegang-aandete is ingesluit. Vanaf R2 970 p.p. wat deel. Bespreek jou tent: 083 652 5489; 071 260 6367 (Charmane Johnston); flowercamp­s.co.za

Waar? Sowat 50 km suidwes van Springbok.

Kontak 027 672 1948

 ?? ?? SKILPAD-DEEL, NAMAKWA- NASIONALE PARK
SKILPAD-DEEL, NAMAKWA- NASIONALE PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa