Weg! Wilde Plekke

ONS KENNER

- KYRA TARR

“Ek en my ma het in September

2021 by die Skilpad-blommekamp in die Namakwa- nasionale park oorgebly – wat ’n bederf! Die nagte was bitterkoud, maar bedags het ons ons verkyk aan al die oranje en pers blomme. Ons het twee nagte tussen die blomme gebly en kon hierdie skouspel van nader beskou – die meeste mense ry net verby.

“Die Skilpad-deel het plate vygies en gousblomme, in ’n verskeiden­heid kleure van persrooi tot heldergeel, maar ons het ook lelies en aalwyne gesien. Selfs buite die blommeseis­oen is die park mooi. Die lug is wyd en eindeloos bo die oop vlaktes van die kliplandsk­ap.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa