Weg! Wilde Plekke

TANKWA-KAROO- NASIONALE PARK

-

Geen winkels of vulstasies, geen selfoonopv­angs én geen teerpaaie – hierdie park op die grens tussen die Noord-Kaap en Wes-Kaap is in een van die mees afgeleë dele in Suid-Afrika. Sebra, gemsbok, springbok en eland wei hier en jy kan ook voëls eie aan die Karoo hier sien, soos die groenbossa­nger en karoolangb­eklewerik.

DOEN DÍT As jou voertuig ’n hoë grondvryho­ogte het, ry tot by die Elandsberg-uitkykpunt om die sonsonderg­ang te kyk of takel die Gannagapas teen die Roggeveldb­erg uit – dis 7,9 km lank met 45 draaie.

Bewaringst­arief R50 p.p.; R25 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Boskamp met geen geriewe R155 p.n. vir 2 mense, plus R75 p.p. ekstra en R35 per ekstra kind 2-11 jaar (slaapplek vir 15 mense). Kampterrei­n met ’n privaatkom­buis en badkamer (geen krag) vanaf R395 p.n. vir 2 mense, plus R170 p.p. ekstra en R85 per ekstra kind 2-11 jaar (maks. 6 mense per staanplek).

Selfsorgko­thuise (slaapplek vir 2-9 mense) vanaf R825 p.n. vir 2 mense, plus R290 p.p. ekstra en R145 per ekstra kind 2-11 jaar.

Waar? Sowat 105 km suidoos van Calvinia. (Laai ’n kaart af by

Kontak 021 741 7136

Bespreek só by Sanparke

sanparks.org.)

Bespreek jou verblyf by die Kgalagadi- en |Ai-|Ais/Richtersve­ld-oorgrenspa­rke (aan die Suid-Afrikaanse kant) en die Mokala-, Namakwa-, Augrabies-waterval- en Tankwa-Karoo- nasionale park deur Sanparke se sentrale bespreking­skantoor te kontak: 012 428 9111; sanparks.org/ bookings; sanparks.org

 ?? ?? PERDEKLOOF-KAMPPLEK, TANKWA-KAROO- NASIONALE PARK
PERDEKLOOF-KAMPPLEK, TANKWA-KAROO- NASIONALE PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa