Weg! Wilde Plekke

WITSAND-NATUURRESE­RVAAT

-

Hoë wit duine toring oor hierdie klein reservaat en die sand “brul” in warm, droë toestande, gewoonlik tussen September en April.

DOEN DÍT Huur ’n sandplank by die ontvangska­ntoor en surf die duine (voldag R180; halfdag R90) of ry die 15 km lange Witsand-4x4-roete (R400 per voertuig – slegs vir gaste wat oorbly).

Bewaringst­arief R80 p.p.; R60 per kind 2-12 jaar.

VERBLYF Die kampterrei­n het 10 staanplekk­e op sand onder groot kameeldori­ngbome. Elke staanplek het ’n kragpunt, ’n braaiplek en ’n kraan. R250 p.n. vir 2 mense; plus R120 p.p. ekstra; R60 per ekstra kind 2-12 jaar (maks. 6 mense per staanplek).

Die 10 selfsorgch­alets het elk slaapplek vir 6 mense en lugverkoel­ing: R1 490 p.n. vir 2 mense; plus R350 p.p. ekstra; R200 per ekstra kind 2-12 jaar.

Die vier kothuise het elk slaapplek vir 4 mense: R495 p.p.p.n.; R250 p.p. ekstra; R190 per ekstra kind 2-12 jaar.

Waar? Sowat 200 km oos van Upington.

Kontak 083 234 7573 (ontvangs); witsandkal­ahari.co.za

 ?? ?? WITSAND -NATUURRESE­RVAAT
WITSAND -NATUURRESE­RVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa