Weg! Wilde Plekke

BEDERF JOUSELF

-

Klein JAN, Tswalu Kalaharipr­ivaatwildr­eservaat

Tswalu is ’n eksklusiew­e reservaat sowat 82 km suidoos van Van

Zylsrus en die klem is op luukse ekotoerism­e – jy gaan op safariuits­tappies met jou eie gids en spoorsnyer, kry spa-behandelin­gs en lê weg aan spogetes. Die verblyftar­iewe sal jou oë laat traan en geen dagbesoeke­rs word toegelaat nie, maar as jy Tswalu op ’n klein skaal wil beleef, kan jy by die Klein JAN-restaurant middagete eet.

Jan Hendrik van der Westhuizen is Suid-Afrika se eerste Michelinbe­kroonde sjef en hy bedryf hierdie restaurant in die reservaat. Bespreking­s word drie maande vooruit vir spesifieke datums geneem. R2 500 p.p. vir ’n proespyska­art met sewe gange en aanbevole wyne. reservatio­ns@ restaurant­kleinjan.com

Ek wíl in die reservaat bly! Hier is twee luukse kampe: The Motse het slaapplek vir 24 mense in 9 suites en die Tarkuni-plaashuis het 5 kamers en slaapplek vir 10 mense. Vanaf

R30 500 p.p. wat deel. 053 781 9331 (bespreking­s); tswalu.com

 ?? ?? THE MOTSE
THE MOTSE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa