DIAMOND ROUTERESERVATE
Die De Beers-groep besit verskeie natuurreservate in Suid-Afrika en daar is drie naby Kimberley.
Dronfield-natuurreservaat ,sowat 8 km noord van die stad. Gaan op ’n begeleide wildrit of besoek die aasvoëlskuiling – witrugaasvoëls word al vir meer as 20 jaar hier bestudeer. Hier is selfsorgverblyf. Benfontein-natuurreservaat, sowat 15 km suidoos van die stad. Hierdie reservaat roem op sy nagdiere, soos die maanhaarjakkals, erdvark en klein gekolde kat. Basiese verblyfopsies is beskikbaar en jy kan ook op voëlkykuitstappies gaan. Rooipoort-natuurreservaat ,sowat 65 km noordwes van die stad. Karoo-, Kalahari-, en grasveldplantegroei kom hier bymekaar. Hier is rotskuns en die reservaat huisves ’n verskeidenheid diere, van buffels en swartwitpense tot groototters en rooikatte. Luukse verblyf.