Weg! Wilde Plekke

LESERS SE GUNSTELING­E

- XOLANI TEMBU EN REA NTSHABELE, Pretoria

“Die Gariepdam-natuurrese­rvaat, sowat 62 km wes van Bethulie, het glo een van die grootste troppe springbokk­e in die Vrystaat. Ander wild soos sebras, swartwilde­beeste en volstruise kom ook hier voor. Die reservaat is op die noordelike oewer van die dam en is daarom gewild onder mense wat hou van visvang, roei en bootry.

“Die reservaat het ons oog gevang omdat dit ’n verskeiden­heid van diere het – ons het dit geniet om die wild in die ruwe landskap te sien. Daar is chalets en kampplekke in die reservaat, maar ons het tent opgeslaan by die Gariep Forever Resort ( 051 754 0045; forevergar­iep.co.za) langsaan. Die oord bied baie aktiwiteit­e, soos begeleide toere van die damwal, 4x4roetes en staproetes. Ons het ook een middag op ’n romantiese bootvaart gegaan en dit het ons help verstaan hoe die reservaat, die aangrensen­de eiendomme en die dam inmekaar steek – ons sal dit beslis aanbeveel!”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa