Weg! Wilde Plekke

PRIVAATRES­ERVATE

-

LETSATSI-PRIVAATWIL­DRESERVAAT

Verlustig jou aan oop grasvlakte­s en kliprantji­es op hierdie reservaat langs die Caledonriv­ier. Jy sal heelwat wild soos springbok, rooihartbe­es, gemsbok, swartwilde­bees en sebra hier sien.

Doendinge vir dagbesoeke­rs Sit aan by die restaurant of gaan op die begeleide wildrit om 7.30 vm. of 4.30 nm. Die gids neem jou na die Platberg-uitkykpunt, van waar jy troppe bokke op die vlakte kan sien.

R250 p.p.

VERBLYF Boskamp met koepeltent­e in ’n beboste kloof: Elke tent het 2 enkelbedde­ns en elektrisit­eit en die kamp het ’n gemeenskap­like badkamer en kombuis. Tent R720 p.n.

Die grasdakcha­lets is naby die hoofgebou wat ’n restaurant, ’n kroeg en ’n swembad het. Chalet met slaapplek vir 2 mense R1 450 p.n.; vier mense R2 655 p.n.; ses mense R3 400 p.n.

Waar? Sowat 35 km suidwes van Smithfield.

Kontak 072 610 9390; 082 311 2201; letsatsiga­melodge.com

 ?? ?? LETSATSI-PRIVAATWIL­DRESERVAAT
LETSATSI-PRIVAATWIL­DRESERVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa