Weg! Wilde Plekke

MOOLMANSHO­EK-PRIVAATWIL­DRESERVAAT

-

Stof jou Stetson af en trek aan daai perdrystew­els – hier kan jy die grasvelde en bergstrome van die Witteberg op ’n perd se rug verken.

DOEN DÍT Hier is staproetes, wildritte, 4x4-roetes en verskillen­de perdryuits­tappies vir van beginners tot ervare ruiters. Gaste wat hier oornag, kan ook op ’n perdekar wildkyk – R200 p.p. per uur (minimum 4 mense). Doendinge vir dagbesoeke­rs Die reservaat laat nie dagbesoeke­rs toe nie, maar jy kan wel gaan perdry as jy voor die tyd reëlings tref. Perdry R250 p.p. per uur.

VERBLYF Verskeie soorte kamers in ’n mooi sandsteeng­ebou. Kamers met ’n berguitsig R1 045 p.p. wat deel; Klassieke kamers R1 170 p.p. wat deel; Luukse kamers R1 290 p.p. wat deel.

Waar? Sowat 35 km noordoos van Ficksburg.

Kontak 051 933 2220; moolmansho­ek.co.za

 ?? ?? MOOLMANSHO­EK-PRIVAATWIL­DRESERVAAT
MOOLMANSHO­EK-PRIVAATWIL­DRESERVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa