Weg! Wilde Plekke

DLINZAWOUD-NATUURRESE­RVAAT

-

Dié woud is ’n moet vir voëlkykers – soek skaars spesies soos die withalsbos­duif, bloukuiflo­erie en natallyste­r. Dlinza is deel van die Zululand Birding Route wat ander inheemse woude insluit soos Ongoye en Ntumeni, asook klein reservate soos Amatikulu.

DOEN DÍT Die Dlinzawoud-plankiespa­d is 125 m lank en 10 m hoog en dis heerlik om deur die boomtoppe te stap. Aan die einde van die pad is ’n 20 m hoë dek waarop jy kan sit en oor die woud uitkyk terwyl allerhande voëls rondom jou saamgesels. Jy kan ’n voëlgids vra om saam met jou te stap – dis gratis, maar bespreek vooraf.

Hier is ook twee ander staproetes om te volg – Impunzi (1,3 km) en Unkonka (1,8 km). Wees op die uitkyk vir die klein blouduiker­tjies. Bewaringst­arief R40 p.p.; R10 per kind.

Waar? In Kangelastr­aat, Eshowe.

Kontak 035 474 4029

 ?? ?? ORIBI GORGE-NATUURRESE­RVAAT
ORIBI GORGE-NATUURRESE­RVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa