Weg! Wilde Plekke

ONS KENNER

- JON MINSTER

“KWAZULU-NATAL is vol interessan­te kleiner reservate. As jy verby die soms gehawende geriewe en ellendige paaie kan kyk, is daar heelwat geskiedeni­s en biodiversi­teit om te ontdek. Drie van my gunsteling­e is Spioenkop-natuurrese­rvaat

( 036 488 1578) op die oewer van die Spioenkopd­am naby Bergville, Oribi Gorge-natuurrese­rvaat ( 072 042 9390) naby Port Shepstone, en die Umtamvuna-natuurrese­rvaat ( 082 559 2864) naby Port Edward.

“Spioenkop het ’n mooi landskap: doringboom­vlaktes lê in die skadu van die Drakensber­g, en die bekende koppie waarna die reservaat genoem is, toring oor die dam. Ry na die slagveld bo-op die koppie nadat jy sebras en wildebeest­e op jou lysie afgemerk het. Daar is ’n monument wat die soldate (meestal Britte) gedenk wat tydens die Slag van Spioenkop in 1900 gesneuwel het.

“Oribi Gorge vang jou ook onkant – daar is paadjies en uitkykpunt­e al langs die kant van hierdie diep, beboste ravyn. Daar is ’n waterval en die Umzimkulwa­narivier blink onder in die ravyn. Ek was heel gelukkig om die ravyn net met my kamera te verken, maar as jy meer avontuurlu­stig is, kan jy by Wild5Adven­tures ( 082 566 7424; wild5adven­tures.co.za) aanklop en net buite die reservaat aan ’n harnas oor die ravyn swaai...

“By Umtamvuna is ’n dramatiese ravyn ook die groot trekpleist­er. Die Umtamvunar­ivier vorm die grens tussen KWAZULU-NATAL en die Oos-Kaap en jy kry daai Wildekus-gevoel wanneer jy langs die ravyn stap – die lug is net so grys en drukkend en die subtropies­e plantegroe­i ook so groen.

“Daar is wonderlike stappaadji­es in die reservaat en jy kan ook die plato op jou bergfiets verken op Clearwater Trails ( 083 549 6710;

clearwater­trails.co.za) se roetes – hulle sal jou goeie raad kan gee oor die beste stap- of bergfietsr­oetes.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa