Weg! Wilde Plekke

ITHALA-WILDRESERV­AAT

-

Ithala is onverwags wild en beslaan ’n paar steil heuwels en valleie wat na die Phongolori­vier afloop. Die reservaat het sowat 250 olifante, maar as jy een sien, is dit ’n gelukskoot – hulle kruip in die ruigtes weg. Kameelperd­e, sebras, elande en koedoes is volop en maklik om te kry. Jy kan die meeste paaie met jou 4x2 ry, maar dis beter om met ’n 4x4 te verken.

DOEN DÍT Ry laatmiddag uit die Ntshondwe-kamp en draai links by die eerste afdraai buite die hek. Volg hierdie pad vir 1,3 km tot by die Mgamgela-uitkykpunt. Sit op die dek en geniet die natuurskoo­n. Bewaringst­arief R70 p.p.; R35 per kind; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Doornkraal-kamp (met krag) R200 p.p. Boskampe vanaf

R1 750 p.n. vir 3 mense; R650 p.p. ekstra. Chalets by die Ntshondwe-kamp vanaf R1 100 p.n. vir 2 mense. Ntshondwe Lodge vanaf R4 000 p.n. vir 5 mense.

Waar? Sowat 10 km noord van Louwsburg.

Kontak 034 983 2540

 ?? ?? ITHALA-WILDRESERV­AAT
ITHALA-WILDRESERV­AAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa