Weg! Wilde Plekke

BEDERF JOUSELF NAMBITI-PRIVAATWIL­DRESERVAAT

-

Hierdie reservaat is op Elandslaag­te en het ’n interessan­te geskiedeni­s: Vele van die veldslagte van die Anglo-Boere- en Anglo-Zoeloe-oorlog het in dié gebied plaasgevin­d. Nambiti is die tuiste van die Groot Vyf en sowat 40 ander wildspesie­s soos kameelperd­e, hiënas, seekoeie, sebras en koedoes.

Hier is nege onafhankli­ke luukse lodges in die reservaat en slegs vier bied aktiwiteit­e aan dagbesoeke­rs (afhangend van beskikbaar­heid):

The Springbok Lodge: ’n Wildrit (3 ure) met versnaperi­nge ingesluit.

Slegs van Sondagmidd­ae tot Vrydagogge­nde. R485 p.p.

0366379604; thespringb­oklodge.co.za

Lions Valley Lodge: ’n Oggend- of middagwild­rit met ontbyt of middagete ingesluit kos R650 p.p. Min. 4 mense 036 637 9605; lionsvalle­y.co.za

Nambiti Plains Game Lodge: ’n Wildrit (3 ure) in die oggend of die middag kos R550 p.p. vir tot 4 mense. 071 680 4584; nambitipla­ins.com

Umzolozolo Lodge: ’n Wildrit (3 ure) kos R550 p.p. en R300 per kind ouer as 4 jaar. Dit sluit een drankie en versnaperi­nge in; minimum van 4 mense.

031 579 3870; umzolozolo.com

Waar? Sowat 30 km noordoos van Ladysmith.

 ?? ?? NAMBITI-PRIVAATWIL­DRESERVAAT
NAMBITI-PRIVAATWIL­DRESERVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa