Weg! Wilde Plekke

ZIMANGA-PRIVAATWIL­DRESERVAAT

-

Wanneer fotograwe snags hulle oë toemaak, droom hulle van reservate soos hierdie een. Zimanga fokus op wildlewefo­tografie en het nege fotoskuili­ngs waar jy jou kamera op enigiets van klein voëltjies tot groot katte kan rig.

Verskillen­de pakkette is beskikbaar. As jy die opsie vir drie nagte kies, slaap jy byvoorbeel­d in die Zimanga Lodge, gaan op drie wildritte en kry drie sessies in die skuilings – een by die voëlbadsku­iling, een by die strandmeer­skuiling en een by die aasvoëlsku­iling.

Dis reeds volbespree­k vir hierdie jaar, maar jy kan ’n e-pos stuur om op ’n waglys geplaas te word en om uit te vind oor spesiale aanbieding­e vir SuidAfrika­ners. Prys op aanvraag.

Waar? Sowat 8 km noord van Mkhuze.

Kontak reservatio­ns@zimanga.com; zimanga.com

 ?? ?? WITRENOSTE­R, ZIMANGA-PRIVAATWIL­DRESERVAAT
WITRENOSTE­R, ZIMANGA-PRIVAATWIL­DRESERVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa