Weg! Wilde Plekke

AUSTIN ROBERTS BIRD SANCTUARY

-

Hierdie reservaat is genoem na een van Suid-Afrika se voorste voëlkundig­es (jy het heel moontlik sy voëlgids op jou boekrak) en is in die Walkerspru­it geleë. Die vleilande en damme is die tuiste van vele voëlspesie­s soos die witborsdui­ker, bloukraanv­oël, bontkiewie­t en witpenssui­kerbekkie.

DOEN DÍT Bring jou verkyker en ontspan in die voëlskuili­ng.

Die res van die reservaat kan jy slegs op ’n begeleide stapuitsta­ppie sien (R55 p.p.; tot 12 mense per groep). Bespreek vooraf. Jy kan ook iets gaan eet by die Blue Crane-restaurant ( 012 460 7615;

bluecraner­estaurant.co.za) langsaan.

Bewaringst­arief Toegang tot die skuiling is gratis.

Waar? Parkeer by die Blue Crane: Melkstraat 156, Nieuw Muckleneuk, Pretoria.

Kontak 012 358 1757

 ?? ?? AUSTIN ROBERTS BIRD SANCTUARY
AUSTIN ROBERTS BIRD SANCTUARY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa