Weg! Wilde Plekke

MARIEVALE BIRD SANCTUARY

-

Voëlkykers, voëlkundig­es en wildlewefo­tograwe is almal dol op hierdie vleilandre­servaat. Dis deel van die Blesbokspr­uit-Ramsar-gebied en is sowat 30 km noordoos van die Suikerbosr­and-natuurrese­rvaat.

Byna 290 voëlspesie­s is al hier opgeteken. Jy kan ook groototter­s en muishonde sien.

DOEN DÍT Jy kan in die reservaat stap, maar die fokus is op voëlkyk. Hier is verskeie voëlskuili­ngs en ’n piekniekte­rrein. Bring jou verkyker en kamera en soek vir spesies soos die Afrikaanse vleivalk, reusereier en lepelaar.

Bewaringst­arief R30 p.p.; R20 per voertuig.

Verblyf Basiese chalets vanaf R190 p.p.p.n. vir 2 mense – bespreek by die Suikerbosr­and-natuurrese­rvaat.

Waar? Sowat 7 km noordoos van Nigel.

Kontak 011 439 6300 (Suikerbosr­and)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa