Weg! Wilde Plekke

ANDER RESERVATE IN GAUTENG

-

Die Tswaing-natuurrese­rvaat is sowat 40 km noordwes van Pretoria. Tswaing – dit beteken sout in Setswana – is Suid-Afrika se enigste kratermeer en het sowat 220 000 jaar gelede gevorm toe ’n meteoriet die aarde getref het. Die reservaat het wild en voëls en die 7,2 km lange Tswaing-kraterroet­e neem jou rondom die krater se rand en af na die pan in die middel. Jy kan dit op jou eie stap of saam met ’n gids. Groepsverb­lyf beskikbaar. Bewaringst­arief:

R40 p.p.; R25 per kind. Begeleide stap R50 p.p. 073 661 5014 (Ditsong-Tswaing-kratermuse­um)

Die Groenkloof-natuurrese­rvaat is in Christina de Wit-laan, Groenkloof. Dis in die Fonteineva­llei en het ’n uitgebreid­e netwerk stap- en bergfietsr­oetes. Wees op die uitkyk vir die swartwitpe­nse, maar moet dit nie te naby waag nie – hulle storm soms. Jy kan ook op wildritte en perdryuits­tappies gaan. Oornaggeri­ewe. Bewaringst­arief: R49 p.p.; R31 per kind 7-17 jaar; R16 per kind jonger as 6. 012 358 1757

Die Somabula-natuurrese­rvaat is sowat 8 km suid van Cullinan.

Hierdie privaatres­ervaat het nie groot roofdiere nie en jy kan rondry en stap om die diere te sien – hier is meestal boksoorte. Hier is 4x4-roetes en jy kan voëlkyk. Verblyfops­ies sluit kampplekke, chalets en selfs ossewaens in! Dagbesoeke­rs mag hier kom stap en die lapa gebruik, maar moet vooruit bespreek – R50 p.p.; R100 vir die lapa. 082 550 1892

Die Modderfont­ein-reservaat is in Ardenweg, Modderfont­ein. Die piekniekte­rrein bars uit sy nate oor naweke wanneer gesinne en vriende hier bymekaarko­m om vis te vang en partytjies langs die Visarendda­m te hou. Dié reservaat van 265 ha is in privaatbes­it en het drie damme en roetes waarlangs jy kan draf en fietsry. Taroko Farm ( tarokofarm. co.za), net langs die reservaat, het ’n restaurant, ’n organiese tuin en ’n amfiteater en die Fourways-boeremark word hier gehou. Bewaringst­arief: R35 p.p.; R20 per kind. 081 351 1223; modderfont­einreserve.co.za

The Wilds is in Houghtonry­laan, Houghton. Dis ’n verrassend­e klein munisipale reservaat tussen die koppies in die hartjie van Johannesbu­rg se middestad. Dis onlangs opgeknap en is nou ’n veilige tuin en buitelugku­nsgalery – kom hierheen as jy die stad se gewoel wil ontsnap.

Gratis toegang. 011 643 2313

Die Suikerbosr­and-natuurrese­rvaat is langs die R550 in Heidelberg. Dis ’n klassieke Hoëveld-bestemming en ’n goeie plek om jou bene te rek – hier is dagstappe en ’n oornagroet­e (66 km). Jy kan ook teen Toringkop (1 913 m), die hoogste punt in Gauteng, opklim vir uitsigte oor Johannesbu­rg se stadslyn. Hutte vir stappers. Bewaringst­arief: R45 p.p.; R35 per kind jonger as 12; R35 per voertuig. 011 439 6300

 ?? ?? THE WILDS
THE WILDS
 ?? ?? SUIKERBOSR­AND-NATUURRESE­RVAAT
SUIKERBOSR­AND-NATUURRESE­RVAAT
 ?? ?? GROENKLOOF-NATUURRESE­RVAAT
GROENKLOOF-NATUURRESE­RVAAT
 ?? ?? ROOIVINK, MODDERFONT­EIN-RESERVAAT
ROOIVINK, MODDERFONT­EIN-RESERVAAT
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa