Weg! Wilde Plekke

ONS KENNER

- GRANT CHRISTIE

“’n Mens verwag nie ’n plek soos die Rietvlei-natuurrese­rvaat tussen Pretoria en Johannesbu­rg nie.

Hierdie reservaat beslaan 3 800 ha en het ’n klipperige landskap met Hoëveld-grasvelde waar buffels, witrenoste­rs en troppe blesbok en swartwilde­bees binne die stadsgrens­e wei.

“By die vier voëlskuili­ngs kan voëlkykers water- en grasveldsp­esies met hulle verkykers dophou en ’n groototter swem dalk ook verby.

“Jy kan op jou eie in die reservaat rondry of ’n wildrit saam met ’n gids doen, maar die beste manier om die plek te verken is op ’n begeleide stap. Die 8 km lange roete het geen stywe bulte nie en is geskik vir alle fiksheidsv­lakke. Jy kry wye uitsigte oor die damme en die stad in die verte en kan groot grasvreter­s van nader sien. As jy gelukkig is, kom jy dalk ook vir Njozi, die jagluiperd, en haar vyf kleintjies teë.

“Die gidse ken hulle storie en die ervaring sal jou verryk. Die staptoer neem sowat 3 ure en kos R130 p.p. (geen kinders jonger as 12; die koste sluit nie die reservaat se bewaringst­arief van R65 p.p. en

R37 per kind in nie). Bespreek jou plek by die Rietvlei-koffiewink­el

( 074 820 9926; melanie@ rietvleico­ffee.co.za).”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa