Weg! Wilde Plekke

MAGALIESBE­RG

-

Die Magaliesbe­rg-biosfeerre­servaat strek oor sowat 120 km van Rustenburg in die weste af tot by Pretoria in die ooste. Die bergklowe is watterryk en die plantegroe­i welig – hier kom meer as 500 soorte blomplante voor en die voëllys staan op 434 spesies.

Mountain Sanctuary Park, sowat 38 km suidoos van Rustenburg. Hierdie park het iets vir almal, van kampplekke tot gemaklike chalets, swempoele vir kleintjies tot natuurlike rotspoele vir groter kinders,

’n kort staproete (15 minute) tot ’n lange (8 ure), watervalle tot rotsformas­ies. Dis die soort plek wat mense van alle ouderdomme en fiksheidsv­lakke kan geniet. Geen dagbesoeke­rs, maar begeleide staproetes is beskikbaar. 014 534 0114; mountain-sanctuary.co.za Maretlwane Experience, sowat 45 km suidoos van Rustenburg. Dié bewaringsg­ebied langs die Maretlwane­rivier het ál die Magaliesbe­rg se beste kenmerke: diep ravyne, mooi watervalle en verfrissen­de rotspoele... Stap die 7 km lange roete in die Castle Gorge op. Kampplekke, houthuisie­s en lodgeverbl­yf. Dagbesoeke­rs is welkom. Eenmalige bewaringst­arief: R100 p.p.

076 804 0435; maretlwane.co.za

Magaliesbe­rg Canopy Tour, sowat 33 km suidoos van Rustenburg, bied lekker uitsigte van die berge op sy foefieslaa­idtoer – dit neem 2,5 ure en het 10 kabels. Jy word met ’n 4x4 na die eerste platform in die berg geneem. R695 p.p. 079 492 0467; canopytour.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa