Weg! Wilde Plekke

MARICO-BIOSFEERRE­SERVAAT

-

Die Marico-biosfeerre­servaat beslaan die opvangsgeb­ied van die Maricorivi­er, maar ook dele van die Elands-, Molemane- en Moloporivi­er. Die beste manier om die gebied te ervaar is om iewers naby die dorpie Groot-Marico oor te bly. Hier is van ons gunsteling-plekke in die omgewing:

Die RiverStill-gasteplaas ( 014 503 0085; riverstill.co.za) is net suid van die dorp. Gaan sit langs die rivier en jy sien dalk een van sy sku inwoners soos ’n otter of ’n watertrapp­er.

Die Evergreen River-gasteplaas ( 014 503 1057; evergreeng­uestfarm. co.za) is verder stroomop en het netjiese kothuise en ’n nuwe kampterrei­n.

The Hanging Garden ( 082 554 5651; troy@thehanging­garden.co.za) sit op ’n rant hoog bo die rivier en kyk uit oor die veld.

Die wonderbaar­like Marico-oog is sowat 35 km suid van Groot-Marico – dis die oorsprong van die rivier. Dis soos ’n enorme akwarium en jy sal visse sien en tussen waterlelie­s swem. Bring jou snorkel en duikbril om die helder water van die oog te verken. Dagbesoeke­rs betaal R50 p.p. of R80 p.p. as jy wil snorkel- of skubaduik – hulle het ook basiese verblyf en kamp ( 084 512 9185; marico-oog.co.za).

Die Enzelsberg is ’n minder bekende wilde hoekie van Noordwes. Dit is sowat 20 km noordoos van Zeerust. Hier is verskeie smal klowe waar luiperds hou en maroela-, wildevy-, moepel en doringolmb­ome dig op mekaar groei.

Bly by Diep ini Bos ( 083 555 6953; Tersia) en stap in die Watervalkl­oof. Ancient City ( 073 715 0882; kaditshwen­e.com) is op die plaas langsaan – hier kan jy die ruïnes van ’n ganse stad genaamd Kaditshwen­e sien, waar sowat 20 000 Bahurutshe vroeg in die 19de eeu gewoon het.

 ?? Vir meer inligting, gaan na marico.co.za of bel vir Santa by die inligtings­kantoor 083 272 2958; 014 503 0085. ?? MARICO-OOG
Vir meer inligting, gaan na marico.co.za of bel vir Santa by die inligtings­kantoor 083 272 2958; 014 503 0085. MARICO-OOG
 ?? ?? MAGALIESBE­RG CANOPY TOUR
MAGALIESBE­RG CANOPY TOUR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa