Weg! Wilde Plekke

LESERS SE GUNSTELING

- ROGAN KILFOIL EN JORDAN HODGSON, Pretoria

Die Kgaswane-bergreserv­aat ( 014 533 2050) net suid van Rustenburg is na aan Johannesbu­rg en Pretoria en bied goeie waarde vir geld: Toe ons in Julie 2021 daar was, was die kampterrei­n skoon, goed onderhou en deeglik gemerk. Die ablusie- en braaigerie­we was netjies en ons het net ’n bietjie meer as R60 p.p.p.n. betaal! Die personeel was behulpsaam en vriendelik en dit was maklik om plek te bespreek.

“Die reservaat bewys dat ’n wilde plek sommer om die draai van die stad kan wees. Ons het bobbejane, rooibokke, vlakvarke, springbokk­e, rooihartbe­este, swartwitpe­nse en sebras gesien. Ons het een aand ’n nagapie by ons kampplek gesien en jakkalse hoor tjank. Ons het ook ’n luiperdspo­or op die pad net ’n paar meter van ons tent af gekry.

“Die natuurskoo­n in die reservaat is wonderlik en daar is menige roete wat jy kan stap of ry. Ons beveel die Peglarae-roete (5,5 km) aan. Dis ’n matige klim tot op die plato van die berge wat Kgaswane omring en ’n maklike stap daarbo totdat die paadjie weer in die vallei afdaal. Die uitsigte is regtig mooi en daar is borde langs die roete wat die diere en plante wat hier voorkom, beskryf.

“Dit was dalk net toe ons daar was, maar die reservaat is baie stil. Daar was ’n handjievol dagbesoeke­rs, maar ons het vir die grootste deel van die naweek die reservaat vir onsself gehad.”

Volg Rogan en Jordan se reise op Instagram: @thee.wandering_bears

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa