Weg! Wilde Plekke

MOLOPO-WILDRESERV­AAT

-

Hierdie afgeleë reservaat in die noordweste­like hoekie van Noordwes is nie bekend nie, maar dit is ’n pragtige stuk Kalahari met heelwat wild soos gemsbokke, elande, sebras, en koedoes. As jy gelukkig is, kan jy selfs ’n bruinhiëna of ratel sien.

DOEN DÍT As jy ’n 4x4 of ’n 4x2 met ’n ewenaarslo­t het, kan jy die netwerk paaie in die reservaat ry om wild te kyk. Hier is talle watergate – trek af en kyk hoeveel diere jy kan afmerk.

Bewaringst­arief R30 p.p.; R20 per kind 2-12 jaar; R20 per voertuig.

VERBLYF Phiri-kamp: Die kampplekke is wyd uitmekaar onder kameeldori­ngbome. Die ablusieger­iewe is nie altyd in ’n goeie toestand nie. Kamp (geen krag) R100 p.p. (2 mense per staanplek).

Waar? Sowat 250 km noordwes van Vryburg.

Kontak 053 939 0200; northwestp­arks.org.za

 ?? ?? PHIRI-KAMP, MOLOPO-WILDRESERV­AAT
PHIRI-KAMP, MOLOPO-WILDRESERV­AAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa