Weg! Wilde Plekke

BOTSALANO-WILDRESERV­AAT

-

Geniet die Kalahari-doringveld, doringboom­woude en grasveld naby die grens met Botswana. Botsalano teel boksoorte en witrenoste­rs vir ander reservate en wild is volop.

DOEN DÍT Die reservaat bied nie enige aktiwiteit­e nie, maar het ’n uitgebreid­e padnetwerk waarop jy kan ry om wild te soek. Pak ’n koffiefles en padkos en deurkruis die reservaat.

Bewaringst­arief R40 p.p.; R25 per kind 2-12 jaar; R10 per voertuig.

VERBLYF Kamp sonder krag en basiese ablusieger­iewe. R100 p.n. vir tot 4 mense; R20 p.p. ekstra (6 mense per staanplek). Die boskampe – Safari, Lerako, Legora en Sentry Hill – het nie krag of warm water nie. Buitelugst­ort en -toilet. R250 p.n. vir tot 8 mense; R20 p.p. ekstra (slaapplek vir 12 mense). Mogobetent­ekamp: Selfsorg, met sonkrag en gasgeisers. En suite-tente R400 p.n. vir 2 mense; R50 per kind 2-12 jaar.

Waar? Sowat 50 km noord van Mahikeng.

Kontak 018 386 8900; northwestp­arks.org.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa