Weg! Wilde Plekke

BEDERF JOUSELF

MADIKWE-WILDRESERV­AAT

-

Sien die Groot Vyf in styl in die vyfde grootste reservaat in die land. Madikwe word deur die Noordwes-parkeraad, die plaaslike gemeenskap en die private sektor bestuur en bied luukse verblyf in ’n dramatiese landskap van oop vlaktes, inselberge en berge.

DOEN DÍT Madikwe laat nie dagbesoeke­rs of wildritte in privaatvoe­rtuie toe nie. Jy het dus die reservaat vir jouself wanneer jy op een van jou lodge se begeleide wildritte gaan. Dis baie makliker om wildehonde te sien as jy nie heeltyd in die remligte van die sportnutsv­oertuig voor jou hoef vas te kyk nie!

Bewaringst­arief R165 p.p. Toegangsta­rief: R180 p.p.

VERBLYF Sowat 20 private luukse lodges en kampe word in die reservaat bestuur. Daar is nie ’n sentrale bespreking­skantoor nie, maar jy kan ’n opsomming van al die geriewe op die Madikwe Travel Expertsweb­werf sien. Pryse vanaf sowat R3 695 p.p.p.n. wat deel tot meer as R15 000 p.p.p.n. wat deel. Van die lodges het spesiale aanbieding­e vir besoekers van SAOG-lande en laat bespreking­s (tot 69% afslag!) – hou madikwegam­ereserve.co.za/specials dop.

Waar? Sowat 110 km noord van Zeerust.

Kontak 018 350 9931; northwestp­arks.org.za

 ?? ?? MADIKWE-WILDRESERV­AAT
MADIKWE-WILDRESERV­AAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa