Weg! Wilde Plekke

MAPUNGUBWE- NASIONALE PARK

-

Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe kom in hierdie park tussen sandsteenk­oppies en kremetarte bymekaar. Mapungubwe bestaan uit ’n oostelike en ’n westelike deel wat deur privaatpla­se van mekaar geskei word. Die samevloeii­ng van die Shashe- en Limpoporiv­ier is in die oostelike deel. Die park is deel van die Groter-Mapungubwe­oorgrensbe­warea en is ’n Unesco-wêrelderfe­nisterrein.

DOEN DÍT Suider-Afrika se eerste koninkryk was sowat 1 000 jaar gelede hier geleë. Verskeie artefakte is al op die Mapungubwe-heuwel gekry, insluitend die bekende goue renoster – dis al beskryf as Suider-Afrika se ekwivalent van die Egiptiese farao Toetankame­n se masker. Doen die twee uur lange Erfenistoe­r van die heuwel – R285 p.p.; R270 per kind 2-11 jaar. Bewaringst­arief R60 p.p.; R30 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Oostelike deel – Leokwe-ruskamp: Kothuise (slaapplek vir 2-4 mense) vanaf R1 425 p.n. vir 2 mense; R434 p.p. ekstra; R217 per kind 2-11 jaar. Die kamp het ’n swembad. Vhembe-wildernisk­amp: Houthuise vanaf R8 65 p.n. vir 2 mense. Die kamp is nie omhein nie en is nie gepas vir gesinne met jong kinders nie.

Westelike deel – Limpopo-bostenteka­mp: Bostente vanaf R1 415 p.n. vir 2 mense. Mazhou-kampterrei­n: Kamp (met krag) R320 p.n. vir 2 mense; R100 p.p. ekstra; R50 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek).

Tshugulu Lodge: Kothuis vanaf R1 600 p.n. vir 4 mense. Gastehuis R4 640 p.n. vir 8 mense. Swembad, braaigerie­we en ’n eksklusiew­e 4x4-roete.

Waar? Sowat 75 km wes van Musina.

Kontak 015 534 7923

BESPREEK SÓ BY SANPARKE

Hierdie tariewe is geldig tot 31 Oktober 2022. Bespreek jou verblyf by die Marakele- of Mapungubwe- nasionale park deur Sanparke se sentrale bespreking­skantoor te kontak: 012 428 9111;

sanparks.org/bookings; sanparks.org

KRUGERWILD­TUIN – blaai na bl. 64.

 ?? ?? KREMETARTB­OOM, MAPUNGUBWE- NASIONALE PARK
KREMETARTB­OOM, MAPUNGUBWE- NASIONALE PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa