Weg! Wilde Plekke

BLOUBERG-NATUURRESE­RVAAT

-

Blouberg is ’n inselberg wes van die Soutpansbe­rg en is ongeveer 30 km lank. Die reservaat, op die noordooste­like punt, is bekend vir sy boomdivers­iteit – kremetart, wildevy, witsering, tambotie, knoppiesdo­ring, bergmahoni­e, huilboerbo­on, apiesdorin­g...

DOEN DÍT Hier is ’n ondergrond­se fotoskuili­ng by Buffelspan waar jy foto’s van buffels, koedoes, kameelperd­e, sebras en voëlspesie­s soos kuifkoptar­entaal, driebanddr­awwertjie, swarthelml­aksman en tropiese waterfiska­al kan neem.

Die reservaat het ook ’n kransaasvo­ëlkolonie van 1 230 broeipare – jy kan hulle van naby sien by die aasvoëlres­taurant (noord van die berg) of teen die kranse waar hulle broei (suid van die berg).

Bewaringst­arief R50 p.p. per dag; R25 per kind jonger as 12.

VERBLYF Molope-boskamp: Kamp (geen krag) R270 p.n. vir die eerste 2 mense, plus R90 p.p. ekstra (6 mense per staanplek).

Modumele-wildernisk­amp: Dit word eksklusief vir een groep bespreek – maksimum 12 mense. Bring jou eie drink- en waswater. Kamp (geen krag) R340 p.n. vir die eerste 2 mense, plus R160 p.p. ekstra; halfprys vir kinders jonger as 12.

Tamboti-boskamp: Basiese selfsorgka­mp met sonkrag; dit word ook eksklusief deur een groep bespreek – maksimum 8 mense. Safaritent­e

R850 p.n. vir 4 mense, plus R160 p.p. ekstra; R80 per kind jonger as 12.

Mashatu-kamp: Selfsorgch­alets met krag – 2 volwassene­s en 2 kinders per eenheid. R500 p.n. vir die eerste persoon, plus R450 p.p. ekstra. Afslag vir kinders jonger as 12.

Waar? Sowat 19 km wes van Vivo.

Kontak 072 584 7475; bloubergre­serve.co.za

 ?? ?? BLOUBERG-NATUURRESE­RVAAT
BLOUBERG-NATUURRESE­RVAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa