Weg! Wilde Plekke

ONS KENNER

- GRANT CHRISTIE

“Die Wolkberg-wildernisg­ebied (Seralabosb­oustasie 0152769909; reservatio­ns.lwr@ledet.gov.za)is22000ha groot. Dis naby Haenertsbu­rg en bied watervalle, helder poele, digte woude en imposante rotsformas­ies soos Kruger se Neus, Die Horings en die Duiwel se Kneukels. Die uitsigte slaan jou asem weg!

“Dis ook enige natuurlief­hebber se droom. As jy hou van diere, kan jy samangoape, bosvarke en die sku rooiduiker sien; voëlkykers kan spesies soos die woudpapega­ai, blouswael en rooibektip­tol afmerk; botaniste kan die endemiese wolkbergbr­oodboom en wolkbergdr­akeboom soek; reptielkun­diges kan die wolkbergdw­ergverkleu­rmannetjie bekyk; en hier is vele goggas om insektekun­diges gelukkig te hou.

“Die beste manier om die gebied te sien is te voet, maar die landskap moenie onderskat word nie. Wolkberg vorm die noordelike punt van die Drakensber­greeks en die weer kan onvoorspel­baar wees – die mis kan vinnig inrol en besoekers moet op alle weersomsta­ndighede voorberei wees. Dis maklik om af te dwaal in die diep valleie en kitsvloede kom gereeld voor – ’n paar stappers is al in dié berge oorlede. Dis wild en gevaarlik en dis raadsaam om saam met ’n gids of iemand wat die gebied goed ken, te stap.”

 ?? Grant is ’n gids en bied begeleide stappe in die Wolkberg aan: grant@itchyfeets­a.co.za ??
Grant is ’n gids en bied begeleide stappe in die Wolkberg aan: grant@itchyfeets­a.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa