Weg! Wilde Plekke

Shondoro Mountain Retreat

-

Smag jy na ’n stil aand in die bos omring deur berge met net jou vuurtjie vir geselskap? Jy kan dit geniet op hierdie plaas in die Waterberg, waar jy swartwitpe­nse, ribbokke, wildebeest­e en njalas kan sien.

DOEN DÍT Jy kan in die veld gaan stap en voëls kyk – hier is al meer as 190 spesies aangeteken. Vra vir die vriendelik­e eienaars, Blair en Nicole Koonce, of jy die steil kliptrappa­adjie agter hulle huis kan uitklim vir ’n uitsig oor die vallei.

VERBLYF Selfsorghu­isies in ’n kort klofie. Die Bushbuck en Klipspring­er Chalet het slaapplek vir 2 mense elk en kos R1 550 p.n. Reedbuck

Chalet het slaapplek vir 4 teen R2 550 p.n. Al drie het lugversorg­ing en deel ’n swembad.

Waar? Sowat 50 km noordwes van Modimolle.

Kontak 072 500 1297; shondoro.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa