Weg! Wilde Plekke

KRUGERWILD­TUIN

-

Geen ander wildernisg­ebied in Afrika is so toeganklik soos die Kruger nie. Die paaie is in ’n goeie toestand en jy kan kamp, in ’n basiese eenheid bly of die park buite seisoen besoek sonder om ’n plaas se geld uit te gee. Hier is óral diere en die park is lekker wild.

DOEN DÍT Jy kan by die meeste van die kampe in die oggend saam met ’n gids in die veld gaan stap. R630 p.p.

Bewaringst­arief R110 p.p.; R55 per kind 2-11 jaar; gratis met ’n Wild Card.

VERBLYF Die blyplekke en pryse verskil van kamp tot kamp, maar hierdie tariewe is die laagste wat jy tydens vanjaar se spitsseiso­en in die park kan kry.

Die hoofruskam­pe is Berg-en-Dal, Krokodilbr­ug, Letaba, Onder-Sabie, Mopani, Olifants, Orpen, Pretoriusk­op, Punda Maria, Satara, Shingwedzi en Skukuza. Kamp (met krag) vanaf R340 p.n. vir 2 mense; R100 p.p. ekstra; R50 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek). Hutte vanaf R520 p.n. vir 2 mense. Safaritent­e vanaf R775 p.n. vir 2 mense. Bungalows vanaf R1 235 p.n. vir 2 mense. Kothuise vanaf R1 755 p.n. vir 2 mense. Gesinschal­ets vanaf R2 875 p.n. vir 4 mense. Gastehuise vanaf R6 210 p.n. vir 6 mense.

Die satellietk­ampe is Balule, Malelane, Maroela en Tamboti. Kamp (met krag) vanaf R410 p.n. vir 2 mense; R100 p.p. ekstra; R50 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek). Hutte vanaf R620 p.n. vir 2 mense. Bungalows vanaf R1 480 p.n. vir 2 mense. Safaritent­e vanaf R775 p.n. vir 2 mense.

Die bosveldkam­pe is Bateleur, Biyamiti, Shimuwini, Sirheni en Talamati. Kothuise vanaf R1 675 p.n. vir 2 mense.

Tsendze-kampterrei­n: Kamp (geen krag) vanaf R390 p.n. vir 2 mense; R100 p.p. ekstra; R50 per kind 2-11 jaar (6 mense per staanplek).

Hier is ook oornagskui­lings, boslodges en luukse lodges beskikbaar – gaan na Sanparke se webwerf vir meer inligting.

Waar? Die park strek oor Mpumalanga en Limpopo teen Suid-Afrika se grens met Mosambiek.

Kontak 012 428 9111 (bespreking­s); sanparks.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa